Doelstelling



Wat is die hoof doel van die Oud-Affie Netwerk en hoe baat dit elke oud-Affie?

Die Oud-Affie Netwerk is ‘n interaktiewe netwerk, eksklusief vir oud-leerlinge van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Hierdie unieke platvorm bied aan elke oud-leerling, ‘n eksklusiewe groep mense wat dieselfde hoërskool-agtergrond het en daarom ook dieselfde waardes en etiek nastreef, die geleentheid om te kommunikeer en te netwerk, met die doel om mekaar te ondersteun en mekaar se belange te bevorder. Die Oud-Affie Netwerk bied ook 'n funksie wat jou toelaat om oud-Affies te soek onder hul naam, jaar gematrikuleer, huidige dorp of selfs beroep. Ander maniere hoe die Oud-Affie Netwerk waarde toevoeg tot sy lede is deur die volgende:

Ondersteuner:
Die “Kick Starter” been van die netwerk is ‘n platvorm waar OAN lede hul besigheidsplanne of idees kan bekendstel sodat ander oud-Affies daarin kan investeer of op verskeie wyses mekaar kan ondersteun. 

Mentorskapprogramme:
Die Oud-Affie Netwerk Mentorskapprogamme laat lede toe om mentorskap aan te bied of te ontvang. Alhoewel die netwerk die platvorm bied is dit steeds die mentor en die persoon wat gementor word se eie keuse onder watter voorwaardes die twee partye mekaar gaan ondersteun.

Ons nooi elke oud-Affie uit om aan te sluit by die netwerk. Die netwerk is gratis en hou ongelooflik baie waarde in vir al die betrokke oud-Affies.





Terug Terug na bo
JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-posadres
     
  Sel nr.
  Geboortedatum